Skip to content

PotholeFixGP-toepassing registreer meer as 30 000 slaggate op Gautengse paaie met 72% reggemaak

# Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer sê sy PotholeFixGP-toepassing help hom sedert 2022 met byna 39-duisend slaggate wat reggemaak is. Die toepassing, waar motoriste slaggate en stukkende verkeersligte kan aanmeld, is meer as 19-duisend keer afgelaai. Meer as twee-duisend-100 slaggate is in Krugersdorp aangemeld, en meer as een-duisend-700 is reggemaak. Die Derdepoort-gebied in Tshwane het die meeste slaggate wat nog wag om reggemaak te word, nadat 763 aangemeld en 375 reggemaak is. Benoni het 430 slaggate aangemeld en 288 is reggemaak. Daar is reeds aandag geskenk aan sowat 72-persent van die slaggate wat aangemeld is.