Skip to content

POPCRU veroordeel die moord op ‘n polisiebeampte in Hammanskraal [KLANK]

# Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, POPCRU het die moord op ‘n polisiebeampte in Hammanskraal, Tshwane, veroordeel. Die drie-en-dertigjarige konstabel Sharon Hlangoane, wat by die Temba-polisiestasie gestasioneer was, is verlede Vrydag tydens ‘n operasie naby Rampie-vulstasie in Manyeledi doodgeskiet. ‘n Mensejag is van stapel gestuur na drie verdagtes. Richard Mamabolo van POPCRU sê die moord op polisiebeamptes aan diens beklemtoon die risiko’s waarmee hulle daagliks te kampe het, en beklemtoon die dringende behoefte aan sterker maatreëls om hulle te beskerm:

ENG MamaboloOnPoliceKilling