# Die politieke ontleder, Levy Ndou, sê Floyd Shivambu se plaasvervanger as sekretaris-generaal moet met die MK-partyleier Jacob Zuma saamwerk en partystrukture landwyd versterk. Shivambu, is na skaars ses maande in die SG-rol, as ‘n gewone lid in die Parlement ontplooi na sy besoek aan Shepherd Bushiri se kerk in Malawi. Ndou beklemtoon die MK-party soek meer as net ‘n plekhouer en het ‘n energieke leier nodig om eenheid en samehorigheid in al die provinsies te verseker.
Politieke ontleder sê Shivambu-opvolger moet MK versterk