#Die politieke ontleder Bheki Mngomezulu sê die Regering van Nasionale Eenheid het ‘n identiteitskrisis. Dis vandeesweek een jaar sedert die RNE gevorm is nadat die ANC se steun in die 2024-verkiesing tot 40-persent gedaal het. Mngomezulu sê die koalisie se dienslewering is stadig met swak samehorigheid tussen ministers. Mngomezulu het met SABC News gepraat en gewaarsku moeilikheid lê voor tensy leiers politieke volwassenheid wys. Volgens hom bedreig die swak grondslag die koalisie se stabiliteit en nasionale vooruitgang:
Politieke ontleder sê RNE het na een jaar ‘n identiteitskrisis [KLANK]
ENG-MngomezuluOnGNU