Skip to content

Politieke leiers bied boodskap van ondersteuning aan Biden ná kanker-diagnose

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy hartseer uitgespreek oor sy voorganger, Joe Biden, se kankerdiagnose en hom ‘n spoedige herstel toegewens. Die 82-jarige is gediagnoseer met aggresiewe prostaatkanker wat na sy bene versprei het. Biden se adjunk, Kamala Harris, sê sy vertrou hy sal dié uitdaging met dieselfde veerkragtigheid en optimisme hanteer as wat kenmerkend was van sy lewe en leierskap. Die gewese president, Barack Obama, sê hy glo Biden sal die uitdaging beveg met sy uitstaande vasberadenheid en waardigheid.