Skip to content

Polisieman voor sy huis in Vrygrond, Kaapstad doodgeskiet

# ‘n Kaapstadse polisieman is vroeg vanoggend buite sy huis in Vrygrond doodgeskiet. Hy was op pad werk toe by die Wynberg-polisiestasie. Sy familie, wat in die huis was, is nie beseer nie. Provinsiale Polisiekommissaris Thembisile Patekile het belowe dat geen steen onaangeroer sal raak om die oortreders vas te trek nie. Dié voorval volg op twee ander polisiemoorde vroeër vandeesmaand in die stad.