# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ʼn multidissiplinêre span aangestel om die moord op March and March se Gautengse leier, Andile Somgaxa, te ondersoek. Hy is vroeër die maand in die oprit na sy huis in Greenfield, Johannesburg geskiet en het in die hospitaal aan sy wonde beswyk. March and March het op 30 Junie landwyd massabetogings teen onwettige immigrante gelei. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die span bestaan uit ervare speurders en intelligensie-beamptes:
Polisiekommissaris stel span aan om moord op Gautengse March and March-leier te ondersoek [KLANK]
ENG MatheONMarchLeader