# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die land se uitvoerende gesag, insluitend die president en adjunkpresident, is in veilige hande. Dit volg nadat hy amptelik bevestig het daar is op adjunkpresident Paul Mashatile se motorkade geskiet nadat hy verlede maand ʼn ANC-vergadering in Boksburg bygewoon het. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn uitgebreide ondersoek na die voorval is steeds aan die gang en die ballistiese verslag is reeds afgehandel:
Polisiekommissaris sê hulpbronne om uitvoerende gesag te beskerm is voldoende [KLANK]
ENG MatheOnSafety