# Die polisie doen ‘n beroep op die publiek vir inligting oor Hlanganani Aggriper Mncwango, die tweede verdagte wat gekoppel is aan die moord op die die hoofouditeur van Ekurhuleni, Mpho Mafole. ‘n Verdagte sal môre in die Kemptonparkse Landdroshof verskyn. Mafole is verlede maand doodgeskiet toe hy op die R23 gery het. Hy was besig om ‘n twee-miljard-rand tekort aan elektrisiteitsinkomste te ondersoek. Woordvoerder van die Gautengse polisie, Dimakatso Nevhuhulwi, het bevestig dat ‘n lasbrief vir Mncwango se inhegenisneming uitgereik is en het hom aangemoedig om homself oor te gee.
Polisie vra hulp om verdagte in Ekurhuleni ouditeur se moordsaak op te spoor