Skip to content

Polisie verskerp ontmaskering van sindikaat in verskeie provinsies, ná arrestasie in Kensington [KLANK]

# Die polisie het pogings verskerp om ‘n beweerde bedrogsindikaat te ontmantel, na die arrestasie van ‘n 37-jarige man en die herwinning van goedere ter waarde van meer as 432-duisend-rand in Kensington in die Wes-Kaap. Die arrestasie volg na ‘n intensiewe ondersoek na verskeie bedrogsake wat in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Gauteng aangemeld is. Polisiewoordvoerder Ndakhe Gwala sê die sindikaat het na bewering hardewarewinkels geteiken en vals identiteitsdokumente gebruik om goedere op krediet aan te koop, en daarna op die swartmark te herverkoop.

ENG GwalaONSyndicate