# Polisie is op soek na verdagtes nadat minstens 12 mense naby ‘n fees in Toledo, in die Midde-Weste van Amerika geskiet is. Tien mense is volgens berigte in ‘n bestendige toestand, maar twee is in ‘n bedenklike toestand. Die slagoffers se ouderdomme wissel van 16 tot 61 jaar oud. Die adjunk-polisiehoof van Toledo, het gesê dit lyk asof twee mense wapens afgevuur het en “waarskynlik op mekaar geskiet het”. Die fees is ‘n tweedaagse geleentheid wat een van die grootste geskiedkundige distrikte in die land vier met lewendige musiek, verskeie voedselmarkte, ‘n biertuin en huistoere.
Polisie soek na verdagtes ná 12 mense naby fees in Ohio geskiet is