# ‘n Voortvlugtende pa wat saam met sy drie kinders in die Nieu-Seelandse wildernis weggekruip het, is deur die polisie doodgeskiet. Thomas Phillips en sy kinders van tussen nege en twaalf ontduik die polisie reeds sedert Desember 2021 in ‘n afgeleë deel van Noordeiland, en die soektog het die land aan die gons gehad. Hulle vlugtog het in die vroeë oggendure geëindig toe die polisie reageer het op ‘n klagte van ‘n inbraak by ‘n plaaswinkel in ‘n plattelandse dorp. Die drie kinders is nou in polisie-sorg.
Polisie skiet voortvlugtende pa dood en vind sy drie vermiste kinders in die wildernis