Skip to content

Polisie se topbestuur besoek Reigerpark-moordtoneel

# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en senior polisiebeamptes sal na verwagting vanmiddag die toneel in Reigerpark besoek waar vier mense, insluitend twee beamptes van die Teen-bende-eenheid, doodgeskiet is terwyl hulle gereageer het op ‘n skietery in Boksburg, oos van Johannesburg. Die polisie het gespesialiseerde ondersoekspanne gemobiliseer om die skuldiges op te spoor. Owerhede doen ‘n beroep op inwoners van Reigerpark om ondersoekbeamptes te help met inligting wat kan lei tot die identifikasie en arrestasie van die oortreders.