Skip to content

Polisie sê ten minste een passasier het die Air India-ongeluk oorleef

# Die polisie in Ahmedabad, Indië sê daar is ten minste een oorlewende van die Air India-vlug op pad na Londen wat minute nadat dit opgestyg het, neergestort het. Daar was 242 mense aan boord. Die oorlewende is die passasier in sitplek 11A en hy is geïdentifiseer as Vishwash Kumar Ramesh, ‘n Britse burger. Hy het aan die Hindustan Times gesê hy het onder meer beserings aan sy bors, oë en voete opgedoen. Die polisie sê daar is moontlik nog ‘n paar oorlewendes in die hospitaal.