# Die Gautengse polisie is op soek na twee studente van die Universiteit van Johannesburg se kampus in Soweto in verband met die moord op die 18-jarige Cebo Biyela. Twee ander studente is reeds in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Landdroshof in Lenasia verskyn. Die graad 10-leerder van Musi High School is na bewering met ‘n bofbalkolf aangeval en met ‘n stukkende bottel gesteek tydens ‘n onderonsie met die studente. Die universiteit veroordeel die geweld, terwyl Cebo se gesin geregtigheid eis.
Polisie op soek na UJ-studente ná moord op leerder van Soweto