Skip to content

Polisie ondersoek moord op drie mense in Muizenberg, Kaapstad [KLANK]

# Die Kaapstadse polisie het ‘n ondersoek begin nadat drie liggame met skietwonde Saterdagaand in Muizenberg gevind is. Die liggame van die man en twee vroue tussen 29- en 32-jaar is in Mike Place, Xakabantu, aangetref. Die voorval hou na bewering verband met die vrylating van ‘n berugte bendelid uit die tronk. Die polisiewoordvoerder, Andrè Traut, sê ‘n man het die skietery oorleef. Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie:

ENG AndrèonMuizenberg