Skip to content

Polisie neem 11 vermeende taxibestuurders in hegtenis ná bakleiery in Pinelands

# Elf vermeende taxibestuurders is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat geweld tussen mededingende taxi-organisasies uitgebreek het op die Pinelands-taxistaanplek. Woordvoerder Ndakhe Gwala sê Openbare Orde-polisielede is ontplooi nadat mense mekaar met bakstene gegooi het. Die verdagtes word aangekla van openbare geweld en intimidasie, en een ook vir ‘n vuurwapenoortreding weens die oortreding van ‘n hofbevel. Die bakleiery volg ná verlede week se onderneming van die organisasies CATA en CODETA om die vrede te bewaar nadat ‘n rits onlangse voorvalle tot verskeie sterftes gelei het.