# Die saak teen drie Kaapstadse polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle die haarkapper Juma Igiraneza gemartel het, is in die Wynbergse Streekhof tot 21 September uitgestel. Luitenant-kolonel Delmore Manuel en konstabels Jermaine Conradie en Leigh-Ann Maroon het Igiraneza na bewering op 7 November 2023 aangerand tydens ‘n klopjag op sy werkplek in Mowbray. Die saak kon nie vandag voortgaan nie omdat Conradie se prokureur nie opgedaag het nie. Landdros Karel Meyer sê die uitstel is nodig sodat alle regsverteenwoordigers die verrigtinge kan bywoon en ‘n verhoordatum vasstel.
Polisie-martelsaak uitgestel nadat beskuldigde se prokureur nie opdaag nie