Skip to content

Polisie in Tshwane arresteer meer as 300 verdagtes die naweek tydens Operasie Shanela [KLANK]

# Die Tshwane-distrikspolisie het oor die naweek tydens Operasie Shanela in Olievenhoutbosch en Wierdabrug 394 verdagtes vir verskeie misdrywe in hegtenis geneem. Die verdagtes is vasgetrek vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord en gewapende roof tot misdrywe wat met geslagsgeweld verband hou. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê die operasie het ook op immigrasie-nakoming gefokus, wat gelei het tot die aanhouding van 81 buitelandse burgers sonder geldige dokumente; hulle is aan immigrasiebeamptes oorhandig vir verdere verwerking:

AFR DykONShanela