Skip to content

Polisie in Noord-Kaap bied R100 000 beloning aan nadat drie lyke by Kuruman-lykshuis gesteel is

# Die polisie in die Noord-Kaap bied ‘n beloning van 100-duisend rand aan vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van verdagtes wat drie liggame gesteel het. Die lyke van ’n baba-dogtertjie en twee volwasse mans is op 17 Maart uit die Motheo Wa Bophelo-begrafnisondernemer in Kuruman gesteel. Polisiewoordvoerder Cherelle Ehlers sê die indringers het ’n sekerheidswag aangerand en vasgebind voordat hulle met die lyke gevlug het. Die liggame word steeds vermis.