# Die polisie het sedert 2020, 17-duisend-968 vermiste persone met hul geliefdes herenig. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê dit was volwassenes en kinders wat oor die hele land as vermis aangemeld was by polisiestasies. Sy sê die aantal volwassenes wat danksy intelligensie en noukeurige speurwerk opgespoor is, staan op 15-duisend-en-5 volwassenes, en twee-duisend-963 kinders onder die ouderdom van 18. Sy voeg by die polisie se duikers het ‘n bykomende drie-duisend-99 liggame in waterbronne soos riviere en damme gevind.
Polisie het die afgelope vyf jaar meer as 17 000 vermiste persone met hul gesinne herenig