Skip to content

Polisie begin met ondersoek na moord op Santaco se Wes-Kaapse leier

# Die polisie stel ondersoek in na Woensdag se skietery by die Nyanga-taxistaanplek in Kaapstad waarin Santaco in die Wes-Kaap se lid van die provinsiale uitvoerende komitee, Mongi Titi, doodgeskiet is. Die taxi-organisasie veroordeel die sluipmoord en versoek enigiemand met inligting om die polisie by te staan. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie en die motief is onbekend. Santaco doen verder ‘n beroep op kalmte en sê Titi sal onthou word as ‘n toegewyde leier wat daartoe verbind was om die taxibedryf in die provinsie te verenig en as beroep te vestig.