# Die polisie het ‘n 37-jarige man gearresteer wat vermoedelik die meesterbrein is agter die moord op die DA-raadslidskandidaat Sinovuyo Dyokwe. Sy is verlede maand doodgeskiet na die kieserregistrasie in Dunoon, Kaapstad. Ondersoekers glo Dyokwe is geteiken nadat sy geweier het om verder afpersingsgeld te betaal. Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die verdagte is gister in Parklands in hegtenis geneem tydens ‘n gesamentlike intelligensie-operasie nadat hy voortvlugtig was. Die verdagte sal na verwagting môre in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en afpersing:
Polisie arresteer vermeende meesterbrein agter DA-raadslidskandidaat Dyokwe se moord [KLANK]
ENG-TrautOnSuspect