# Pole het sy NAVO-bondgenote byeengeroep vir dringende samesprekings nadat Russiese hommeltuie die Poolse lugruim binnegedring het tydens ’n oornagaanval op Oekraïne. Die eerste minister van Pole, Donald Tusk het die “grootskaalse uittarting” veroordeel en gesê Pole het 19 skendings van sy lugruim geïdentifiseer en ten minste drie hommeltuie afgeskiet nadat hy vliegtuie saam met sy bondgenote ontplooi het. Russiese hommeltuie het al verskeie kere NAVO-lede se lugruim tydens die oorlog geskend, maar ‘n Navo-land het nog nooit probeer om ‘n hommeltuig af te skiet nie.
Pole versoek dringende samesprekings met NAVO-bondgenote nadat Russiese hommeltuie Poolse lugruim binnedring