Skip to content

VF Plus sê vroue moet hul stem gebruik om land in ‘n beter rigting te stuur

# Die Vryheidsfront Plus sê die plaaslikeregeringsverkiesing in November bied vroue die geleentheid om te besluit wie hulle moet verteenwoordig. Vroue maak die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking uit. Die VF Plus sê die land se daaglikse werklikheid word gekenmerk deur misdaad, swak dienslewering, onveilige skole en water- en elektrisiteitsprobleme. Hy sê politiek vereis sterk, beginselvaste en praktiese vroue. Die party sê vroue moet van voor af lei, volgens hul oortuigings stem en leiers kies wat daartoe verbind is om hul belange te bevorder.