# Die Stad Tshwane sê hy het planne gereed om onwettige handelaars by die besige kruising van Delmas-weg en Solomon Mahlangu-rylaan in die ooste van Pretoria te verwyder. Volgens inwoners word groot standbeelde op sypaadjies en padskouers verkoop wat kommer wek oor veiligheid en nakoming. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê straathandel in Tshwane word deur verordeninge gereguleer en straatsmouse moet vir permitte aansoek doen wat slegs vir ʼn goedgekeurde handelsgebied uitgereik word.
Planne gereed om onwettige handelaars by besige kruising in Pretoria te verwyder