# ‘n Uitgelekte verslag wat aan die Johannesburgse burgemeesterskomitee voorgelê is, onthul Pikitup het meer as 2,1-miljard-rand se kontantreserwes, maar nie toegang tot die fondse nie. Die vullisverwyderingsdiens sê kontant word deur die Stad Johannesburg bestuur, wat tot mededingende bestedingsbehoeftes lei. Die verslag beveel aan dat Pikitup se inkomste afgesonder word om te verseker die geld word vir vullisverwydering aangewend. Pikitup se finansiële hoof, Litshani Matsila, sê die vertraging van toegang tot fondse beïnvloed vullisverwydering en dienslewering.
Pikitup het R2.1-miljard se reserwes, maar kan nie toegang tot fondse kry nie