# Perdewedrenne: Renperde gaan in die toekoms in Brittanje getoets word vir gene-opkikkers as deel van ‘n teen-opkikkerprogram. Die Britse Perdewedren-owerheid het die aankondiging gedoen nadat hy byna 50-miljoen-rand belê het in omvattende navorsing oor opsporingsmetodes. Die liggaam sê daar is geen bewyse van gene-opkikkergebruik in die sport nie, maar hy wil waak teen toekomstige korrupsie-gevare. BBC Sport berig gene-opkikkers sluit die gebruik van genetiese of sel-manipulering van DNS in om atletiese prestasie te verbeter of herstel na oefening te versnel.
Perdewedrenne: Renperde in Brittanje gaan voortaan vir gene-opkikkers getoets word