# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, het die hoof van die Pentagon se intelligensie-agentskap, luitenant-generaal Jeffery Kruse, afgedank net weke nadat die Withuis ‘n hersiening van die uitwerking van Amerikaanse aanvalle op Iran verwerp het. In Junie het president Donald Trump sterk teruggekap teen ‘n uitgelekte verslag waarvolgens die aanvalle op Iran se kernprogram dit met slegs maande vertraag het. In ‘n verklaring het die Amerikaanse senator Mark Warner gewaarsku dat Kruse se afdanking dui op Trump se gevaarlike optrede om intelligensie as ‘n lojaliteitstoets te gebruik eerder as beskerming vir die land.
Pentagon ontslaan hoof van intelligensie-agentskap na assessering van Iran-aanval