Skip to content

Patriotic Alliance raap ‘n DA-wyk in Wes-Kaapse tussenverkiesing op

# Die Patriotic Alliance het ‘n belangrike oorwinning in die Wes-Kaap behaal deur ‘n wyk te wen wat voorheen deur die DA gehou is in hierdie week se tussenverkiesings. Veronica Leoni Maralack-Boonzaaier van die PA het wyk 27 in die Drakenstein-plaaslike owerheid met net meer as 42- persent van die stemme gewen. Die DA het wyk ses in Bergrivier behou, en die ANC sy setels in Emfuleni, in Gauteng, en Sol Plaatjie in die Noord-Kaap. Die Verkiesingskommissie sê die kiesersopkoms was die hoogste in Bergrivier met meer as 62-persent.