# Die Patriotic Alliance het ‘n strafregtelike klagte ingedien teen die aanbieders van Open Chat Podcast, Mthokozisi Methula en Sinothando Kama. Hulle het beledigende aanmerkings oor die bruin gemeenskap gemaak wat in ‘n episode op sosiale media verskyn het en wyd versprei is. Die aanbieders het intussen om verskoning gevra vir die opmerkings en die bespreking uit die episode gehaal. Die leier van die PA, Gayton McKenzie, sê hulle gaan die twee ook na die Gelykheidshof neem vir onwettige diskriminasie:
Patriotic Alliance lê strafregtelike klagte teen ‘Open Chat Podcast’ oor rassistiese opmerkings [KLANK]
ENG MckenzieOnRacism