# Meer as 200 passassiers wat permanent op ‘n plesierboot gewoon het, moes in Kambodja afklim toe die operateur die reis opgeskort het. Die Villa Vie Odyssey het vandag vroeg uit Sihanoukville gevaar met 50 bemanningslede aan boord. Die eienaar, van Florida, skryf dit toe aan die stygende brandstofkoste weens die oorlog in Iran en sê hy kan nie meer die vaartuig bedryf nie. Sommige inwoners het in Kambodja agtergebly, terwyl ander elders in die streek gereis het. Die skip was langer as 755 dae op ‘n deurlopende wêreldreis.
Passasierskip verlaat Kambodja na hy passasiers hoog en droog laat