# Paroolbeamptes van die Departement van Korrektiewe Dienste sê hulle het te min hulpbronne, is onderbeman en oorweldig, en moet weekliks groot getalle paroolgangers monitor. ‘n AmaBhungane-ondersoek het aan die lig gebring die departement kan nie rekenskap gee van bykans 28-duisend voortvlugtige hoërisiko-paroolgangers nie. Daar is tans 44-duisend-857 paroolgangers en slegs 968 paroolbeamptes. AmaBhungane sê die beamptes se hoofbekommernisse is ‘n gebrek aan voertuie, toegang tot vuurwapens en die gevare wat gepaardgaan met die monitering van ernstige en gewelddadige oortreders.
Paroolbeamptes oorweldig en onderbeman met meer as 27-duisend voortvlugtige paroolgangers