# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie verwelkom die skorsing van nog vyf senior polisiebeamptes wat by die omstrede Medicare24-tender van 360-miljoen-rand betrek word. Altesaam 14 polisiebeamptes is vasgetrek in verband met die tender wat aan Vusimuzi ‘Cat’ Matlala se maatskappy toegeken. Hy staan tereg op aanklagte van ondermeer poging tot moord. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, sê die skorsings is ʼn noodsaaklike stap na betekenisvolle aanspreeklikheid. Hy sê korrupsie in die SAPD ondermyn nie net wetgewende prosesse en verkrygingstelsels nie, maar ondermyn die publiek se vertroue in die polisie.
Parlement se Polisie-portefeuljekomitee verwelkom skorsing van senior beamptes wat by Medicare24-tender betrek word