Skip to content

Parlementêre polisiekomitee bekommerd oor proses om Sibiya op verlof te plaas

# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor die Polisie, Ian Cameron, het kommer uitgespreek oor die prosesse wat gevolg is om die adjunk- nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, op spesiale verlof te plaas. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beskuldig Sibiya van regsverydeling, vertraging van ondersoeke na politieke sluipmoorde en georganiseerde misdaad, en die beskerming van verdagtes met politieke bande. Cameron sê in die polisie is dit hoogs onregmatig om iemand wat van oortreding verdink word op spesiale verlof te plaas eerder as om hulle te skors: