Skip to content

Parlementêre komitee vra ondersoek na berigte dat gevangenes vir beddens moet betaal

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor bewerings by die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria. Gevangenes beweer hulle moet 240-rand betaal vir toegang tot ʼn stapelbed. Dié wat nie kan betaal nie, moet op die sementvloer slaap in selle wat oorvol en vuil is. Die komitee sê hy is ook bekommerd oor die inhegtenisneming van ʼn beampte in die Wes-Kaap. Na bewering is verbode middels, selfone en ander artikels ná ʼn operasie by die Goodwood-gevangenis in sy voertuig gevind.