# Pasverkose raadslede word dringend versoek om dienslewering en bestendigheid voorop te stel. Die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Samewerkende Regering en Openbare Administrasie wys daarop dat meer as 100 munisipaliteite ná die verkiesing deur koalisies bestuur moet word weens onbesliste rade. Voorsitter Mxolisi Kaunda sê die nuwe raadspanne kan voortbou op die suksesse van demokrasie en munisipale wanadministrasie regstel. Hy sê Suid-Afrikaners verdien werkende munisipaliteite wat werklik op die gemeenskap se behoeftes reageer.
Parlementêre komitee vra nuwe raadslede om dienslewering voorop te stel