# Die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Verdediging het die belangrikheid beklemtoon van ‘n goed funksionerende verdedigingsbedryf wat deur ‘n doeltreffende regulatoriese en toesighoudende raamwerk ondersteun word. Die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee het sy eerste kwartaalverslag oor die goedkeuring van invoer- en uitvoerpermitte vir konvensionele wapens vrygestel. Die komitee het 64 kontrakteringspermitte ter waarde van 17-miljard-rand, 86 uitvoerpermitte vir ammunisie ter waarde van 855-miljoen-rand en 29 uitvoerpermitte vir dubbelgebruikkomponente ter waarde van 172-miljoen-rand goedgekeur. Die komitee sê hierdie goedkeurings weerspieël die voortgesette sterkte en groeipotensiaal van Suid-Afrika se verdedigingsbedryf.
Parlementêre komitee sê verdedigingsbedryf dra steeds by tot SA se ekonomiese groei en ontwikkeling