# Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê die Departement van Indiensneming en Arbeid moet deeglik besin oor wat hy wil bereik met die hersiening van die land se arbeidswette. Die departement wil sowat ses stukke wetgewing hersien en wysig, en die proses het reeds op kabinetsvlak begin. Die komitee sê die hersiening van arbeidswetgewing moet die land se trae ekonomie en skerp stygende werkloosheidsyfer in ag neem.
Parlementêre komitee sê enige hersiening van arbeidswette moet bedoelings duidelik stel