Skip to content

Parlementêre komitee oor Polisie eis verduideliking vir R600-miljoen wat vir 30 Junie-betogings opsygesit is

# Die parlementêre komitee oor Polisie se voorsitter, Ian Cameron, vra die ministerie van Polisie om besonderhede te verskaf oor die 600-miljoen-rand wat opsygesit is om veiligheidsmaatreëls vir volgende week se betogings teen immigrasie te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die uitgawe verdedig en sê grootskaalse veiligheidsoperasies is nodig wanneer daar pogings is om die land onbestendig te maak. Cameron sê die SAPD moet wel voorberei vir enige betogings wat gewelddadig kan raak, maar is steeds verplig om rekenskap te gee van die onkoste.