Skip to content

Parlementere komitee ondersteun pogings om Openbare Werkeprogram te hervorm met voorbehoude

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom pogings om die Openbare Werkeprogram te hervorm in ʼn meer uitvoerbare en volhoubare werkskeppingsprojek. Die regeringsprogram fokus op vaardigheidsontwikkeling en werkverskaffing. Die komitee sê die diensverskaffers wat opleiding gee, is volgens aanduidings die begunstigdes van die program. Hy sê baie werkers ontvang tussen 100-rand en 200-rand per dag, sonder toegang tot basiese beskerming soos die Werkloosheidsversekeringsfonds of mediese hulp.