# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Beplanning, Monitering en Evaluasie is bekommerd oor finansiële probleme en vakante poste by Statistieke Suid-Afrika. Die agentskap het sowat 72 vakante poste, ‘n leegstaankoers van 21,8-persent wat sy kernfunksies en databehoeftes vir beleidsbeplanning beïnvloed. Die statistieke-generaal, Risenge Maluleke, waarsku die situasie is kritiek. Die komitee doen ‘n beroep op StatsSA om ‘n strategie te ontwikkel vir die behoud van werkers met die nodige vaardighede en om vennootskappe te ondersoek vir die versterking van sy data-insamelings- en statistiekverwerkingsvermoëns.
Parlementêre komitee is bekommerd oor StatsSA se groot tekort aan personeel