Skip to content

Parlementêre komitee bekommerd oor onnatuurlike sterftes onder aangehoudenes

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste is bekommerd oor onnatuurlike sterftes onder gevangenes ná ʼn verslag van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste oor sy prestasie in 2025/2026 se eerste kwartaal. Die inspektoraat se klagtekantoor het 177 klagtes ontvang. Dit sluit 46 gevalle in waar gevangenes mekaar aangerand het, 29 klagtes oor beamptes wat gevangenes aangerand het en 21 wat met selfdoodpogings verband hou. Volgens die verslag was daar 24 onnatuurlike sterftes en 120 natuurlike sterftes. Die komitee eis ʼn volledige verslag van die Departement van Korrektiewe Dienste.