# Die parlementêre gekose komitee oor Landbou, Grondhervorming en Minerale Bronne, het kommer uitgespreek oor Eskom se voortslepende probleme. Dit sluit die styging van munisipale skuld in wat die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid in gevaarstel. Munisipaliteite skuld Eskom sowat 107-miljard-rand. Die komitee sê hy is ook bekommerd oor voortgesette probleme met bedrog, korrupsie en misdadigheid by die kragvoorsiener, ten spyte van pogings om interne beheer en gevolgebestuur te verbeter. Hy sê Eskom moet meer deursigtig wees en gereeld inligting verskaf oor sy omkeerpogings.
Parlementêre komitee bekommerd oor Eskom se munisipale skuldkrisis