# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid bring vandag ʼn oorsigbesoek aan die Tembisa- en Rahima Moosa-hospitale in Gauteng. Die doel is onder meer om die vordering te bepaal van die reaksie op die bevindings en aanbevelings van die Gesondheidsombud se verslag. Hy wys in sy verslag op ernstige kwessies soos vervalle infrastruktuur, vuil toestande en onvoldoende fasiliteite. Tembisa-hospitaal was onlangs in die nuus nadat twee brande daar uitgebreek het.
Parlementêre Gesondheidskomitee besoek Tembisa- en Rahima Moosa-hospitale