Skip to content

Parlement weier om McKenzie te ondersoek oor beweerde rassistiese opmerkings 

# Die Parlement se Etiekkomitee gaan nie die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se twiets ondersoek waarin die K-woord gebruik word nie, en sê dit was voor hy ‘n parlementslid geword het. Die ATM het die klagte ingedien, maar die Parlement het beslis dit val nie binne die raamwerk van die Gedragskode nie. Die Menseregtekommissie oorweeg steeds ‘n klagte van ActionSA. McKenzie ontken dat hy rassisties is en noem die bewerings ‘n politieke veldtog, maar erken die twiets was ongevoelig en hy is spyt daaroor.