# Parlement se Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling verwelkom die Openbare Beskermer se prestasie nadat al sy prestasieteikens in die 2025/26-boekjaar bereik is. Die instelling het ook ‘n skoon oudit ontvang, sonder enige wesenlike bevindings deur die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika. Die voorsitter, Xola Nqola, sê die komitee bly egter bekommerd oor die beskerming van inligting wat verklikkers verskaf en die deurlopende toepassing van vertroulikheidsprotokolle. Hy beklemtoon die belangrikheid van voldoende maatreëls om verklikkers te beskerm en sensitiewe inligting vertroulik te hou.
Parlement verwelkom Openbare Beskermer se 100%-prestasie, maar rig waarskuwing oor verklikkers