# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer sê die departement is op die regte pad om dienslewering te verbeter. Die departement het in die 2024/2025-boekjaar sy eerste skoon oudit in 31 jaar van die Ouditeur-generaal ontvang. Die komiteevoorsitter, Donald Selamolela, sê oudituitkomste alleen beteken nie noodwendig dat verbruikers beter of bevredigende diens ontvang nie. Hy sê die departement moet dus meer doen en seker maak mense is tevrede met die staat se dienste in die portefeulje.
Parlement sê Vervoerdepartement is op regte pad ná skoon oudit-uitkomste