Skip to content

Parlement se Toedelingskomitee doen beroep vir politieke wil om die land se grense te beskerm

# Die Parlement se Staande Komitee oor Toedelings doen ‘n beroep op dringende stappe en politieke wil om voldoende befondsing vir die Grensbestuursowerheid te verseker. Volgens die Departement van Binnelandse Sake maak die BMA se goedgekeurde organisatoriese struktuur voorsiening vir 11-duisend-115 personeellede. Slegs twee-duisend-566 poste is egter gevul. Tans is die BMA onderbefonds met meer as 2,2-miljard- rand. Die voorsitter van die komitee, Mmusi Maimane, sê aanspreek van die befondsingstekort is noodsaaklik, nie net vir nasionale veiligheid nie, maar ook om Suid-Afrika teen onwettige handel en belastingontduiking te beskerm.