# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het aanbeveel dat die proses om ‘n nuwe kommissaris vir die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aan te stel, van voor af moet begin na prosedurele kwessies tot vertragings gelei het. Die vakature volg na die bedanking van die ondervoorsitter Fatima Chohan in April. Die komiteevoorsitter, Xola Nqola, sê daar was meningsverskille oor stemreg vir lede wat afwesig was tydens onderhoude, wat vertragings veroorsaak het. Die komitee het nou aanbeveel dat die hele aanstellingsproses van voor af begin.
Parlement se Justisiekomitee vra nuwe aanstellingsproses vir MRK-kommissaris